References

From Anje Preller ...


Other Head Bands1 Anje Preller at De Ja Vu

Dankie vir jou ook, jou kransies was stunning, jou rose en Dèjá Vu se rose het toe op die ou end perfek gepas, baie dankie!


From Henriette van Wyk ...


Main Table of Henriëtte van Wyk at Diep in die Berg

Hi Lidia

Die blomme was regtig baie mooi en presies wat ek aanvanklik wou gehad het.

Dankie vir jou moeite
Henriette


From Hettie Steenkamp ...

Lidia

Ek wil net baie dankie sê vir die kerk ruiker wat jy op so kort kennisgewing vir ons gemaak het met my vader se afsterwe.

In my emosionele toestand het jy my verseker dat ek nie bekommerd moet wees nie en dat jy dit sou uitsorteer. Groot was almal se verbasing toe hulle sien dat al die blomme wat jy ingesit het my vader se gunsteling blomme was. Ons as familie wil net baie dankie sê vir die opoffering wat jy gemaak het in ons tyd van nood.

Dit is ‘n blessing om iemand soos jy te ken en te weet dat daar altyd op jou staatgemaak kan word hetsy wat die situasie mag wees.

Groete
Hettie Steenkamp


From Marissa Vosloo-Jacobs ...


Other-Arrangements3  Hennie Jacobs & Marissa Vosloo @ Zebra Country Lodge Sjebien

Liewe Lidia (en Dewald)

Ongelooflik dankie vir alles wat julle vir ons troue gedoen het. Julle het soos die engelse sê “far beyond the call of duty” gegaan.

Lidia, ons troue sou nie naastenby so groot sukses gewees het, as dit nie vir julle was nie. Ek sal jou regtig vir enige iemand wat trou jou aanbeveel, ons het 200 gaste gehad, dus was daar baie tafels en BAIE ruikers, en jy was totaal en al in beheer van alles.

Jy het nie net fantastiese werk met my blomme gedoen nie, maar ook ingespring in my saal en gehelp net waar jy kon. Jy het met soveel kreatiewe idees vorendag gekom, wat op die ou end pragtig gelyk het!!!

Regtig baie dankie vir alles wat jy en Dewald vir ons gedoen het.

Groete
Marissa en Hennie Jacobs


From Annelise Carroll ...


Annelise Carroll Owl's Nest - bridal bouquet

Hallo lidia

Net 'n vinnige notatjie om vir jou weer BAIE DANKIE te sê vir ons pragtige blomme en my mooi ruiker!! Die mense kon nie uitgepraat raak oor hoe mooi die blomme was nie! Hier is 'n paar foto'tjies om vir jou te wys.

Groete
Annelise



Ilse Lemmer Owls Nest Guest Tables


From Izel Kemp ...


Izel kemp & Marius Zambezi Point  Bridal Bouquet

Hi
Ek het ongelukkig net fotos waar ons ook in is van die handruiker, maar ek het dit aangeheg. Kyk maar of jy iets kan gebruik. Almal wat die fotos sien is absoluut mal oor die sonneblomme en die houtballetjies het perfek gewerk. Laat weet ons as jy nog iets nodig het.

Groete,
Izel


From Hannah (from NZ) ...


Guest Table1: HannahSeagar and Neil Horak at the Farm Inn

...
Lidia, the flowers were beautiful and they fitted in so well with the theme, thank you for all your hard work. I'm sure Niel's family will be passing on the word about Floral Blessings and the great service you provide all around Pretoria .


From Sarah James ...

Dear Lidia

Sorry that this has taken a while coming, we are now finally back from honeymoon and settled into the old routine again and I just wanted to drop you a line to say thank you for our beautiful wedding bouquets. They were gorgeous and I REALLY loved my bouquet, it is exactly what I wanted and looked so stunning with the orange calla lilies, thanks!

Best of wishes for the festive season and thanks again.

Regards
Sarah (Southworth) James